ISUZU'S AFRICAN SOUL

Corner border
Corner border

Isuzu trucks first reached South Africa’s shores in 1964. By 1968, the range had been extended from 7.5T to

15.5T, all powered by diesel engines. Light commercial vehicles soon followed and by 1978, –

initially named the Chevrolet LUV, Isuzu KBs were in full production at our plant in

Port Elizabeth which remains in operation today.



Die eerste Isuzus


Wie onthou nog dat daar Isuzu bakkies op die Suid Afrikaanse mark was ‘n goeie tien of meer jare voordat die latere

Chevrolet LUV herdoop was na die Isuzu KB reeks. Hierdie advertensie van 1964 adverteer die kleiner

Isuzu Wasp en die Isuzu Elfin.


















Die Elfin was ‘n 1.5 ton bakkie en dus in dieselfde klas as die Toyota Stout en Nissan Junior en

was gedurende die 1960’s hier beskikbaar en was aangedryf deur ‘n 2.0l petrol of 2.2l diesel enjin.



ISUZU WASP & ELFIN

Benadie Snyman het vertel dat sy pa een van die heel eerste Isuzu Wasp bakkies gekoop. Dit was ń 1300 petrol.

“As ek reg onthou was dit iewers tussen 1964 en 1966.” Hier sit ‘n jonge Benadie by sy pa se pakkie na ‘n

sprinbok skietery


Die Wasp was die bakkie weergawe van die Isuzu Bellett wat nogal gewild was in Mosambiek, waar ek hulle as kind onthou. Na die val van die koloniale bewind in Mosambiek het heelwat wit vlugtelinge met die karretjies hier in Suid Afrika aangekom.


Die Bellet was omtrent so taai, maar blikkerig soos die eerse Corona Mk1’s.


Daniël Kotzé, met sy groot liefde vir – en kennis van, ou Japanese bakkies het hierdie

brosjures uit die hare sestig aangestuur.























Die advertensies het in Die Laevelder van 1964 verskyn.



Een van ons lede hier, Jan Pansegrouw besit nog ‘n Isuzu Bellet GT – die coupe en ‘n Isuzu Wasp bakkie.

Ek wonder of daar nog voorbeelde iewers in Suid Afrika te sien is?

Daniël Kotzé

Onderdele Ek hou

van bakkies

Daniël Kotzé – ook op Facebbok bekend as Daniël Kotzé Onderdele, is ‘n gereelde bydraer hier op ons groep CARS AND ROAD ZA – en ‘n man wat lekker kan skryf en vertel. Hy het ook ‘n vreemde voorliefde vir ou bakkies:


“Ek hou van bakkies, oues, dooies... en veral die wat Al in hulle moer gery is ... hier is ‘n paar van myne, en my Pa s’n, so 20jaar gelede”

Aubrey Vermaak

Izusu bakkie

my oorlede

Pa se

eerste

voertuig

Chevrolet LUV die voorloper


Herdie is ‘n merkwaardige verhaal van Aubrey Vermaak. Hy vertel van sy oorlede Pa se eerste voertuig. Dit was ‘n 1974 Chev LUV, die voorloper van die latere en net so taai en eindelose, Isuzu-1 ton bakkie.


“Hier is my oorlede Pa se eerste voertuig. Hy het dit gekoop in 1979. Toe was hy al 67 jaar oud gewees. Hy kon nooit bestuur nie so ek het my bestuurslesse met die voertuig gedoen. Lieflike bakkie gewees. 1974 model.”

Daniël Kotzé Die ou Isuzu KBD20

doen nog

elke dag

diens


Vroeë Isuzu KBD20


Daniël Kotzé is ‘n man hier bekend vir sy liefde vir ou bakkies. Met een van sy vroeëre plasing het hy hierdie ou Isuzu KBD20 gewys en gesê die bakkie doen nog elke dag diens.


Henk Lombard

My 1989

Isuzu KB 220

Diesel 4x4

Isuzu KB 220 Diesel 4×4


Henk Lombard het so ‘n ruk gelede met groot lof gepraat van sy 1989 Isuzu KB 220 Diesel 4×4. Die voertuig lyk ook nog uitstekend.


“My 1989 Isuzu KB 220 Diesel 4×4. Loop nog soos stroop.”

MotorPlus

Die Isuzu

KBD 40

Isuzu KBD 40


Daantjie Badenhorst van MotorPlus skryf die Isuzu KBD 40 was die eerste vierwielaangedrewe eentonbakkie wat met’n dieselenjin toegerus was, maar hy het die nadeel van die stadige en raserige enjin van die KBD 20 gehad, en ‘n mens moes sy enjin aansit en smoor deur ‘n knop uit te trek.


Car het hom vir die Maart 1981-uitgawe getoets, maar sy plaasvervanger het later in dieselfde jaar op die mark gekom.

Isuzu

Befonk

van Niekerk

‘n klompie

van my

ou bakkies

Isuzu Befonk


Met ‘n naam hier op Facebook soos Isuzu Befonk van Niekerk, moet ou Befonk ‘n groot Isuzu-liefhebber wees. Dit word verder duidelik as mens kyk na hierdie mooi gallery van al sy Isuzu bakkies oor die jare, wat hy hier saamgestel het:


“ ‘n klompie van my ou bakkies. Daar kort nog 3 waarvan ek nie fotos het nie…”

MotorPlus

Die Isuzu

KBD 40

Isuzu LE


Stefan Buys is duidelik ‘n man wat sy 1983 Isuzu LE min gebruik en mooi oppas:


“My 1983 Isuzu. Een eienaar en net oor die 100 000 km”

Aubrey

Rautenbach

Isuzu 4x4

First LDV 4×4 available locally


Aubrey Rautenbach posted some two years ago that his Isuzu 4×4 belonged to one owner. It was for many years driven around Eshowe and still has only 120,000km on the clock. The vehicle ended up as the property of the local Moth organization which no longer needed it, and which he then bought. We believe it is still going strong.


Shaun Nalson replied that this model was the first LDV 4×4 available locally and was initially known as the Chev LUV before being changed to Isuzu.

Marius

Britz

Isuzu

diesel

Nog ‘n man wat uitstekende diens uit sy Isuzu bakkie gekry het is Marius Britz: My Isuzu diesel 4×4 , 500 000 kilos op, gekoop vir R4000 in 1996.

Johan

Strydom

Isuzu

bakkie

Johan Strydom het ook ‘n baie mooi Isuzu bakkie hier gewys maar nooit die modeljaar genoem nie.


“My pride gewees vir baie jare. Nou my seun se bakkie…


Wat se die kenners is hy werd. Hy is in Mint kondiesie.”

Kriek

Scheepers

Chev Luv

Oud maar nog nie koud


Kriek Scheepers se enigste kommentaar op hierdie ou Isuzu van hom is:


“Ons ou yster”